- U-skool/ U-school
Grendeltyd Genade
Updated: May 12, 2020

Ek het op 'n keer gelees dat 20 in Hebreeus die getal is wat genade voorstel. Verbeel jou 2020, dubbel genade.
Dit voel beslis nie aldag so nie.
Ons is almal eweskielik besig om 4 of meer, voltydse werke te behartig. Waarvan tenminste een hoogsgeskoold is. Al is ons nie noodwendig nie.
Tog, te midde die chaos. Is daar pragtige oomblikke.
Oomblikke van genade.
Wanneer ons in plaas daarvan om te skel, begin giggel, want dit IS nogal snaaks.
Wanneer ons eerder as lei, net 'n bietjie luister.
Wanneer ons ook op die trampoline klim of 3 fizzers in ons mond prop en weer onthou hoe dit voel om net in die oomblik te wees.
Haal diep asem mamma.
JY IS OK!
Ons is almal onseker, frustreerd en met tye sommer net mislik.
Hê maar ook 'n bietjie genade vir jouself.