ONS VISIE
Ons glo dat leer, mees effektief, in 'n natuurlike, liefdevolle omgewing plaasvind. Ons glo dat kinders die veiligste, gemaklikste en gelukkigste in hul eie huise is. Ons video gebasseerde lesse laat elke ouer toe om hul hande vry te hou terwyl hul kinders die nodige vaardigehede aanleer.
U besluit waanneer, waar en hoe vinnig U kind deur Suid-Afrika se KAVB (CAPS) kurrikulum werk.
ONS MISSIE
Om onderrig te fasiliteer aan ouers wat blangstel in tuisonderrig, maar nie self die tyd het om hul kinders te leer nie.
ONS LESSE
Is kort, interaktiewe videotjies wat saam met digitale werkkaarte en die departementele Reënboog-werkboeke gebruik word om die Suid-Afrikaanse KAVB (CAPS) oor te dra.
OUERBETROKKENHEID
Is beperk tot bekenstelling van die program met die aanvang daarvan. Sodra die leerder vertroud is met die prosedure is hul instaat en veronderstel om op hul eie met die lessies aan te gaan.
ASSESSERINGS EN VORDERINGSVERSLAE...
Formele en informele assesserings geskied elke Vrydag en daar word 'n vorderingsverslag uitgereik aan die einde van elke kwartaal.
![]() | ||||
---|---|---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |